Huldeblyke stroom in vir ballet-legende
Die Kunstekaap-teater het hulde gebring aan die afgetrede balletdanser, Johaar Mosaval. Die 95-jarige legende het vanoggend gesterf. Kunstekaap se woordvoerder, Marlene le Roux, sê Mosaval het welbekend geword as hoofdanser by Engeland se Royal Ballet. Hy was ook een van die eerste mense van kleur wat in die 1960’s groot rolle in ‘n internasionaal bekende ballet-geselskap vertolk het. Hy was die uitvoerende hoof van die Kunstekaap-teatersentrum in Kaapstad en die medestigter van die Vroue-prestasie-netwerk vir gestremdhede.