Swart ekonomiese bemagtiging kniehalter werkskepping
Die Instituut vir Rasse-aangeleenthede in die buurland sê die jongste werkloosheidsyfer wys weer dat rasgebaseerde beleide soos breë gebaseerde swart ekonomiese bemagtiging misluk het. Volgens Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse arbeidsmagopname het die getal werklose mense van April tot Junie vanjaar met 154 000 tot 16,3 miljoen toegeneem. Mlondi Mdluli van die instituut sê volgende jaar se verkiesing gaan waarskynlik ‘n referendum wees oor 20 jaar se mislukkings met swart ekonomiese bemagtiging: