Maynier: 89% Wes-Kaapse leerders terug skool toe
Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het bevestig 89 persent van die leerders het teruggekeer skool toe ná verlede week se taxistaking. Die LUR, David Maynier, sê 93 persent van personeellede het ook teruggekeer. Hy sê dié gesamentlike poging het ten doel om bestendigheid in die onderwysstelsel te herstel ná die ontwrigtings wat die staking veroorsaak het. Maynier doen ‘n beroep op ouers en voogde om te verseker hul kinders gaan terug skool toe.