Blade moet NSFAS se kontrakte opskort
Die DA doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, om die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se kontrakte op te skort ná bewerings van tender-onreëlmatighede. Die party is van mening die regstreekse betalingstelsel-kontrakte met Coinvest Africa, Tenet Technology, Ezaga Holdings en Norraco Corporation moet opgeskort word hangende die uitslag van ondersoeke deur die Spesiale Ondersoekeenheid en die Openbare Beskermer. Die DA-lid, Chantel King, vra spoedige optrede om studente se belange te beskerm en die moontlike wanbestuur van fondse te voorkom: