Damme wat Windhoek van water voorsien minder as ‘n derde vol

Damme wat Windhoek van water voorsien, se gesamentlike vlak staan nou op 31,5 persent teenoor verlede jaar se 52,7 persent. Daar word steeds water vanaf die Swakoppoortdam na die Von Bachdam oorgepomp, asook van noordelike waterbronne. Volgens NamWater se dambulletin staan Von Bach se vlak nou op 20,4 persent teenoor verlede jaar se 49,3 persent. Swakoppoort se vlak staan op 61,5 persent teenoor verlede jaar se 86,5 persent. By Gobabis word water ook vanaf die Daan na die Tilda Viljoen oorgepomp wat nou 30,8 persent vol is. Gobabis-damme se totale vlak is 6,8 persent teenoor verlede jaar se 20,6 persent. In die Suide het die Hardapdam ‘n verlies van 1,248 miljoen kubieke meter gehad weens besproeiing en is slegs 32,8 persent vol. Verlede jaar was Hardap 63,1 persent vol. Die Nautedam is nou 58,6 persent vol teenoor verlede jaar se vlak van 92,6 persent en die Oanobdam is 55,5 persent vol.