Rugby: Franse losskakel loop Wêreldbeker-toernooi op tuisbodem mis
Rugby: Die Franse losskakel, Romain Ntamack, gaan die Wêreldbeker-toernooi op eie bodem misloop weens ‘n kniebesering. Die 24-jarige is beseer in Les Bleus se oorwinning van 30-27 in die opwarmings-wedstryd teen Skotland, en skanderings het vandag getoon hy het sy voorste kruisligament geskeur. Ntamack is Frankryk se voorkeur-losskakel en was verlede jaar elke minuut op die veld tydens die span se Grand Slam-oorwinning in die Sesnasies-reeks. Die gashere speel op 8 September in die Wêreldbeker-openingswedstryd teen Nieu-Seeland op die Stade de France.