Bokke vertrek uit SA vasbeslote om vlag met trots te laat wapper
Die Bokke het Saterdagaand na Brittanje vertrek waar hulle volgende week teen Wallis in Cardiff en Nieu-Seeland op Twickenham te staan kom. Hulle vertrek dan vir ‘n oefenkamp in Korsika, onderweg na hul toernooibasis in Toulon, Frankryk. Hulle Wêreldbeker-openingswedstryd is op Sondag 10 September teen Skotland in Marseille. Die Bok-kaptein, Siya Kolisi, sê hy is vol vertroue die span kan die beker huis toe bring. Hy het die groot skare by OR Tambo Internasionale Lughawe bedank wat hulle kom afsien het.