Eskom se herstrukturering bly prioriteit

Die Suid-Afrikaanse departement van openbare ondernemings sê die herstrukturering van Eskom sal lei tot die stigting van drie staatsbeheerde ondernemings, vir opwekking, transmissie en verspreiding. Die departement het ‘n verklaring uitgereik oor die staat se beheer oor elektrisiteitsopwekking in Suid-Afrika. Die verklaring skets ‘n prentjie van Eskom wat tans al drie bates besit, wat aan die staat behoort. Hy sê ook die regering is ten volle verbind daartoe dat die staat 100 persent beheer oor die drie afdelings behou.