AfriForum waarsku weer oor wysigings aan onderwyswette

AfriForum in die buurland waarsku die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette kan die onderwys ernstig benadeel, indien dit in sy huidige vorm aanvaar word. Dit volg op ‘n voorlopige nasionale verslag oor die Parlement se openbare deelname-proses, wat openbare steun vir die wetsontwerp aan die lig gebring het. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Alana Bailey, beskryf oorweldigende teenkanting tydens openbare deelname in nege provinsies. Sy sê sommige bepalings is in stryd met die Grondwet en uitsprake van die Konstitusionele Hof: