Zuma kry kwytskelding by Ramaphosa, hoef nie tronk toe te gaan nie

Oudpresident Jacob Zuma het ‘n spesiale kwytskelding van die departement van korrektiewe dienste ontvang, wat beteken dat hy nie na die Estcourt-gevangenis in KwaZulu-Natal sal terugkeer om sy 15 maande tronkstraf te voltooi nie. President Cyril Ramaphosa het die kwytskelding van nie-gewelddadige oortreders in Suid-Afrika goedgekeur. Die waarnemende nasionale kommissaris vir korrektiewe dienste, Makgothi Thobakgale, verduidelik die proses waardeur Zuma vanoggend gegaan het om sy vonnis te laat kwytskeld: