Daar is hulp vir alkoholverslaafdesAugust 10, 2023

Namibiërs word gekonfronteer met verskeie uitdagings soos armoede wat deur werkloosheid in die land veroorsaak word. Hierdie situasie word beskou as ‘n groot bydraende faktor tot die misbruik van alkohol en ander verslawende middels. ‘n Namibiese gemeenskapsgebaseerde organisasie, Alcoholics Anonomous, bekend as die AA, het ‘n bewusmakingsveldtog begin om met mense te praat wat aan alkohol of ander middels verslaaf is. Een van die anonieme barmhartige Samaritane by die AA wat verslaafdes wil help, Jacky het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê dat hul hulplyn baie besig is.