NSA: Julie-inflasie die hoogste in Noorde
Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap is inflasie vir Julie 4,5 persent, teenoor die 5,3 persent in Junie en 6,8 persent in Julie verlede jaar. Sone 1, wat bestaan uit die streke van Kavango-Oos en -Wes, Kunene, Ohangwena, Omusati, Oshana, Oshikoto, Otjozondjupa en Zambezi, het die hoogste inflasiekoers van 4,7 persent aangeteken. Sone 2, die Khomas-streek, se inflasiekoers is 4,6 persent, terwyl Sone 3, die streke van Kharas, Erongo, Hardap, Omaheke 4,2 persent aangeteken het. Verbruikers in Sone 2 het die hoogste prys vir ‘n boksie van ses eiers teen 22 Namibiese dollar 13 sent betaal, asook vir ‘n bottel 750 milliliter sonneblomolie teen 34 dollar 90 sent.