Droogtehulp effe uitgebrei, en dele is verleng
Na verskeie streke ‘n beroep op die regering gedoen het om ingesluit te word by droogtehulp, en die instruksie deur die kabinet dat die kantoor van die eerste minister ‘n landwye opname moet doen in verband met nood, kom die aankondiging dat bystand verleng en uitgebrei is. Die Omaheke-, Hardap-, en Karas-streke is ingesluit en dele van die bystand is verleng tot 31 Maart. Dit sluit in huishoudings wat op bestaansboerdery staatmaak, huishoudings wat reeds voedselbystand ontvang en huishoudings wat ‘n maksimum totale inkomste van 2 600 Namibiese dollar maandeliks verdien. Maar, die program in verband met lewendehawe wat bemarking, vervoer na nuwe weiding en subsidies vir die huur van weiding insluit, strek steeds net tot 31 Desember vanjaar.