Uitdagings in Britse gesondheidsorg duur voort
Daar is uiters groot druk op die Britse nasionale gesondheidstelsel met honderde duisende afsprake wat agterstallig is. Met die heersende staking is amper 780 000 afsprake uitgestel en daar blyk om geen verligting te wees nie. Die voormalige voorsitter van die diens se trust, Roy Lilley sê daar is verskeie redes vir die vertragings en Covid is een van hulle.