Taxiraad wil interdik teen skuttings kry
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad in die Wes-Kaap sê hy gaan aansoek doen vir ‘n interdik dat alle minibustaxi’s wat geskut is, vrygelaat word. Taxiverenigings wat by Santaco geaffilieer is, staak tans oor die Stad Kaapstad se verkeersverordening wat beamptes die reg gee om voertuie te skut eerder as om ‘n boete uit te reik. Die dood van vyf mense word aan die staking toegeskryf. Santaco sê hy wil ook hê die howe moet die stad verbied om nog voertuie te skut totdat alle kwessies opgelos is.