Owerhede in Gauteng het kind wat op video mishandel is, na veiligheid geneem

Die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het bevestig die eenjarige kind wat op video na bewering deur sy ma aangerand word, is na ‘n plek van veiligheid geneem. Die video toon hoe die ma die kind skop en op sy keel trap terwyl hy op die grond lê. Die kind se pa het die ma by die Norwood-polisiekantoor in Johannesburg aangegee. Sy is gearresteer maar later op borgtog vrygelaat. LUR Mbali Hlophe sê die saak word vandag na die Kinderhof geneem: