Vermiste Spencer se ma pleit steeds vir hulp

Die ma van die vermiste Spencer Mandela Nakale wat spoorloos verdwyn het op Lüderitz op 28 Desember 2020, hoop steeds dat haar seun veilig sal terugkeer huis toe. Volgens die Namibiese polisie is daar geen verdere leidrade nie, al is ‘n in-diepte ondersoek gedoen. Klein Spencer, wat tydens sy verdwyning drie jaar oud was, se spore is destyds tot by die teerpad gevind en het daar doodgeloop. Intensiewe soektogte het niks verder opgelewer nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Spencer se ma, Julia Ndafyaalako, gepraat wat steeds pleit vir hulp om haar seun op te spoor.