Irak skroei onder hoë temperature én kragonderbrekings
Die dodelike kombinasie van uiters hoë temperature en kragonderbrekings word oor die hele Irak gevoel. Temperature in Basra het volgens die moniterings-groep Hot Cities vroeër die week meer as 51 grade Celsius oorskry. ‘n Landwye kragonderbreking wat deur ‘n toevallige brand by ‘n kragstasie in die suidelike provinsie veroorsaak is, het amper gelei tot ‘n totale ineenstorting van die land se kragnetwerk. Dokters by sommige hospitale se nood-afdelings sê hulle behandel daagliks tot 15 pasiënte wat aan hittesteek ly en ontwater is.