Denemarke verskerp grensbeheer
Denemarke verskerp sy grensbeheer om binnelandse veiligheid te verbeter en ongewenste persone te verhinder om die land binne te gaan. Die Deense regering sê dié stappe is noodsaaklik ná die onlangse voorvalle waarin die Koran aan die brand gesteek is. Swede het vroeër die week ook sy veiligheidsmaatreëls verskerp. ‘n Klein groepie verregse Dene het die afgelope week meer as 10 kopieë van die Koran aan die brand gesteek en het aangedui dat hulle nog sulke geleenthede beplan. Sowel die Deense as die Sweedse regerings het die optrede veroordeel. Kritici van die verskerpte veiligheidsmaatreëls sê dit skend die reg op vryheid van spraak.