Menzies-uitspraak eers Dinsdag

Die uitspraak in die dringende aansoek deur Menzies Aviation is deur regter Shafimana Ueitele tot Dinsdag uitgestel. Dit was vanoggend verwag. Die kwessie handel oor die vraghantering by die lughawe met die tender wat aan Paragon in ‘n gesamentlike onderneming met Ethiopian Airlines toegeken is. Menzies het die hof op ‘n dringende basis versoek vir redelike tyd om te ontruim, sowel as verligting tot sy ander aansoek, om die toekenning van die tender ter syde te stel, afgehandel is. Die kwessie plaas vraghantering by Hosea Kutako Internasionale Lughawe in ‘n kwesbare posisie met die verbod wat steeds in plek is deur Qatar Airways en Lufthansa wat steeds vrag vervoer, terwyl Menzies nog vrag hanteer.