Hollandse ultra-atleet hardloop vir ambulanse
‘n Nederlandse ultra-atleet, Boas Kragtwijk, hardloop van Amsterdam na Kiëf om fondse in te samel om ambulanse te koop vir die Oekraïne. Hy het reeds op 22 Julie begin en beplan om die 2 500 kilometer af te lê deur elke dag vir 50 dae sowat 50 kilometer te hardloop. Die 28-jarige het in die eerste 500 kilometer wat hy afgelê het reeds 100 000 euro, genoeg om drie ambulanse aan te koop, ingesamel. Hy sê hy voel dit is sy plig om ook iets te doen.