Kaapstad beste miljoene om buurtwagte in noodhulp op te lei

Die Stad Kaapstad se Veiligheid- en Sekerheidsdirektoraat gaan 7,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand bewillig om sy noodhulpopleiding vir buurtwagte uit te brei. Dit is deel van die deurlopende ondersteuningsprogram vir buurtwagte. Die stad wil minstens 200 buurtwaglede in noodhulp oplei. Die burgmeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê buurtwagte het ‘n noodsaaklike rol tydens die pandemie en feesseisoene gespeel en hulle bydra word waardeer in die skep van veiliger gemeenskappe: