Gemarginaliseerde gemeenskappe is net dit, gemarginaliseerd
Die parlementêre staande komitee oor grondwetlike en regsake ondersoek op die oomblik die regering se projekte in verband met gemarginaliseerde gemeenskappe. Die komitee was in die Zambezi-streek en het die San-gemeenskappe besoek het Maandag die Waya-Waya San-gemeenskap in die Zambezi-streek besoek met die klem op sake soos onderwys, nasionale dokumentasie, voedselprogramme, toegang tot gesondheid, ontwikkelingsprojekte en maatskaplike toelaes. Volgens die gemeenskap is daar uitdagings met voedselvoorsiening en tienerswangerskappe onder veral jongmense. ‘n Tekort aan werksgeleenthede lei ook tot drankmisbruik en ander maatskaplike euwels as gevolg daarvan. Maatskaplike toelaes het ook nie die impak wat hulle moet hê omdat meeste gemeenskapslede nie nasionale dokumente het nie.