Plaasaanval-verdagte ook verbind met moord op Tsumeb

Die Namibiese polisie in die Otjozondjupa-streek sê een verdagte is gearresteer in verband met Sondagaand se plaasaanval net buite Grootfontein. Hy is by die Otjiwarongo-padblokkade aangekeer in besit van ‘n skootrekenaar en ‘n pistool wat by die plaas gebuit is. Hy het ook die plek waar hy die klere wat hy tydens die rooftog gedra het en later versteek het, uitgewys. Die 37-jarige man van Grootfontein, wat vandag in die hof verskyn is eintlik aangekeer omdat hy met ‘n moord op Tsumeb verbind word en toe word die gesteelde goedere gevind. Nampol sê hy sal eers vandag op Tsumeb op die moordklag verskyn en daarna na Grootfontein vervoer word om daar op klagte van gewapende roof te verskyn.