Beloofde teikens van behuising in Erongo amper gehaalAugust 2, 2023
Die Namibiese minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni het einde Mei bevestig dat die regering onderneem het om die nou mislukte massa-behuisingsprojek te voltooi. Volgens hom, sou 111 huise teen einde Julie voltooi wees. New Era Investment is reeds in November verlede jaar aangestel om die 505 huise in die Erongo-streek te voltooi. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die streek, Neville Andre, gepraat, wat sê die teiken is amper behaal.