Russiese aanval op silo stoot graanpryse op
Rusland het vandag die Oekraïne se belangrikste binnelandse hawe oorkant die Donau-rivier vanaf Roemenië aangeval, wat wêreldwye voedselpryse laat styg het. Die Oekraïnse ministerie van verdediging sê ‘n graansilo is beskadig. Die hawe, oorkant die rivier van die Navo-lid Roemenië, het gedien as die hoof alternatiewe roete uit die Oekraïne vir graanuitvoere sedert Rusland sy de facto blokkade van Oekraïne se Swartsee hawens in die middel van Julie heringestel het.