Repokoers begin ekonomiese aktiwiteit beperk

Simonis Storm in die hoofstad het ‘n ontleding gedoen oor die ekonomiese beperking van die huidige repokoers. Volgens die makelaarsfirma, begin monetêre beleid ekonomiese aktiwiteite beperk met lenings vir voertuigaankope wat met 7 persent op ‘n jaargrondslag gedaal het terwyl kontant aankope toegeneem het. ‘n Navorser by die firma, Angelique Bock, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.