Borg vir Mashatile se manne wek kommer

Rise Mzansi is verontrus dat borgtog toegestaan is aan agt beamptes van die presidensiële BBP-beskermingseenheid, wat daarvan beskuldig word dat hulle drie Weermag-kwekelinge op die N1 in Johannesburg aangerand het. Die landdroshof in Randburg het borgtog van 10 000 Suid-Afrikaanse rand elk aan die beamptes toegestaan. ʼn Woordvoerder van Rise Mzansi, Makashule Gana, is ook bekommerd die staat het nog nie die verklikker, wat die video geneem en daarna dreigboodskappe ontvang het, geïdentifiseer nie: