Sokker: Banyana moet Italië klop

Sokker: Môre se beslissende wedstryd in Groep G tussen Suid-Afrika en Italië is ʼn bepalende kragmeting oor wie saam met Swede verder as die groepfase vorder op die Wêreldbeker-toernooi vir Vroue. Swede het Banyana Banyana in hulle openingswedstryd met twee-een geklop voor Suid-Afrika twee-elk teen Argentinië gelykop gespeel het. Banyana het in albei wedstryde ʼn voorsprong prysgegee. Die doelskieter Hildah Magala sê hulle moet die volle 90 minute lank op hulle beste wees.