Slagtings by Meatco neem met 8% toe
Meatco sê die toename in bees-getalle wat deur hul Windhoekse slagpale kom, dui op ‘n aansienlike ommeswaai in die besigheid van die maatskappy. Meatco sê in ‘n mediaverklaring hy het in Mei en Junie gunstig gevaar deur onderskeidelik sowat 107 miljoen Namibiese dollar en 190 miljoen dollar se inkomste te genereer. ‘n Wins word ook vir Julie voorsien. Beeste wat bemark is, het toegeneem van 78 212 beeste wat ‘n toename van agt persent verteenwoordig van die totale beeste wat gedurende die tweede kwartaal van verlede jaar bemark is. Die maatskappy glo dat die voortsetting van hierdie tendens waarskynlik sal lei tot ‘n herstel-jaar vir die 2023/24-boekjaar.