Reëlings vir die Windhoek Skou is goed op dreef
Hulle sê tyd vlieg maar kan jy glo, daar is net twee maande oor vir die Windhoek Skou. Die geleentheid het nes talle ander openbare byeenkomste swaar gehad tydens Covid maar het verlede jaar begin herstel. Die reëlings is op dreef en volgens die voorsitter van die Windhoek Skou-vereniging, Harald Schmidt, het hulle ook vroeër begin.