Trump loop ongetwyfeld voor, beskryf klagtes as heksejag

Die voormalige Amerikaanse President, Donald Trump, is die voorloper in die wedloop vir die Republikeine se benoemingstryd vir volgende jaar se presidentsverkiesing. ‘n Peiling van die New York Times en Siena-kollege toon Trump se ondersteuningsbasis staan op 54 persent met sy naaste teenstander, Ron DeSantis, op 17 persent. Die voormalige president is die afgelope vier maande twee keer aangekla – vir beweerde finansiële misdade en oortredings wat met die hantering van geklassifiseerde dokumente verband hou. Hy is ook skuldig bevind aan seksuele aanranding en naamskending. ‘n Peiling van CBS News toon 76 persent van waarskynlike Republikeinse ondersteuners glo die aanklagte teen hom is polities-gemotiveerd. Hy sê self ook so.