Stille rebellie broei blykbaar by SABC
COPE sê ʼn stille rebellie broei by die SABC met die bedanking van ervare joernaliste. Volgens die party beweer joernaliste die moreel onder personeel is baie laag en werksomstandighede by die openbare uitsaaier is onhoudbaar. Die woordvoerder van COPE, Dennis Bloem, doen ‘n beroep op die direksie van die korporasie om dringend in te gryp om nog bedankings te voorkom: