Verwelkom vanmiddag die onder-19 Eagles
Ondersteuners van die Namibiese onder-19 krieketspan, die Walvis Bay Salt Eagles word aangemoedig om die span by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe by hul aankoms in die land te verwelkom. Die span het sy plek in die T20 Wêreldbeker in Sri Lanka volgende jaar bespreek na die vierhoekige reeks in Tanzanië. Hulle land half-ses namiddag. Intussen sê die president van Krieket Namibië Rudie van Vuuren, sê dit was ‘n taai stryd maar die manne het dit deurgehaal.