O-19 Eagles speel vandag hul laaste, teen Nigerië

Die Walvis Bay Salt Eagles speel vanoggend om half-tien teen Nigerië in die laaste van hul vier wedstryde in Tanzanië. Die onder-19 span neem deel aan die IKR se onder-19 Mans-Wêreldbeker Afrika kwalifiserende reeks. Die Eagles spook sake uit teen die gasheerland, asook Nigerië, Sierra Leone en Uganda vir ‘n plek in die toernooi in Sri Lanka en het tot dusver, al hul wedstryde gewen.