Australië raak mismoedig met sloer van Assange-saak

Australië se minister van buitelandse sake, Penny Wong, sê die saak van die Wikileaks-stigter Julian Assange nou te lank sloer en moet afgehandel word. Assange, ‘n Australiese burger wat in Brittanje aangehou word, baklei teen uitlewering aan die Verenigde State, waar hy gesoek word op 18 aanklagte oor die vrystelling van vertroulike Amerikaanse militêre rekords in 2010. Wong het saam met Richard Marles, minister van verdediging, Antony Blinken, Amerikaanse minister van buitelandse sake en Lloyd Austin, minister van verdediging, gesê vertoë is namens Assange in die openbaar en privaat gerig, maar daar is beperkings op wat gedoen kan word totdat sy regsverrigtinge afgehandel is.