Dinge lyk bedroef in Omusati – Endjala

Die goewerneur van die Omusati-streek Erginus Endjala het gereageer op berigte dat meer as 132 000 mense geregistreer het om droogtehulp in die streek te ontvang. Volgens die streeksraad se woordvoerder, Simion Kandjala, staan die syfer tans op 132 755 aansoeke, amper dubbel die vorige syfer van 74 800 met verdere aansoeke wat verwag word. Die streek gaan in verskeie gebiede gebuk onder droogtetoestande, nes talle ander regoor die land. Endjala sê dinge lyk glad nie goed nie.