Rugby- en netbaltonerooi die naweek by WHS

Die voor-wedstryde van die Metropolitan Gravity Cup begin vandag en duur oor die naweek voort met talle skole wat in netbal en rugby deelneem. Die toernooi vind in die hoofstad by Windhoek Hoërkool plaas. Hanjo de Klerk, ‘n koördineerder en bemarker van Gravity Live, het met Kosmos 94.1 Sportnuus gesels.