Shikongo se dossier: Niemand is bo die reg verhewe nie

Niemand is verhewe bo die gereg nie, ook nie die Namibiese polisiehoof nie, volgens die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing. Die dossier in verband met die ondersoek na luitenant-generaal Joseph Shikongo se motorongeluk einde Desember verlede jaar, is nog nie by die aanklaer-generaal nie. Die polisie se adjunk-inspekteur-generaal Elias Mutota het bevestig dat die adjunk-aanklaer-generaal se kantoor op Ondangwa reeds op 30 Junie die dossier ontvang het. Die Oshakati adjunk-aanklaer-generaal Lucious Matota het egter aan plaaslike media bevestig dat die dossier ook nie by hulle is nie. Die kwessie is uiters omstrede omdat drie mense in die ongeluk gesterf het en Shikongo was ondersoek vir strafbare manslag en roekelose bestuur. Vrae is ook gevra oor hoekom daar nie onmiddellik ‘n alkoholtoets op hom uitgevoer is nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Frederico Links, ‘n navorser by die instituut gesels oor die beskerming van hoëlui…