PDM staan saam met LGBTQ – Venaani
McHenry Venaani sê die Namibiese samelewing is liberaal en dat hulle nie sal toelaat dat Yoweri Museveni se beleid in die land toegepas word nie. Venaani, president van die PDM, het melding gemaak van Uganda se drakoniese teen-LGBTQ-wetgewing. Hy sê die PDM sal nie net die regte van die gemeenskap in Namibië beskerm nie maar, sal ook org dat hulle nie vir hul leefstyl gestraf word nie.