Okahandja wil weer tuindorp word

Okahandja het die wiele aan die rol gesit om sy status as die tuindorp van Namibië te herstel. Die dorp se munisipaliteit het aangekondig 25 miljoen Namibiese dollar is opsy gesit vir die ingebruikneming van ‘n nuwe stortingsterrein. Die afgelope agt jaar of wat het inwoners van Okahandja vrede gemaak met rommel in die strate en ’n oorvol stortingsterrein. Kosmos 94.1 Nuus het met raadslid Charl Coetzee, gesels oor waar die geld vandaan gaan kom.

Hy het bygevoeg dat hulle ‘n vergadering met die hoof uitvoerende beampte, Alfons Tjitombo, gehad het omdat daar dinge is wat die leierskap nie verstaan nie.