Twitter se voëltjie gaan verander na X
Twitter se eienaar, Elon Musk, het sy voorneme bekendgemaak om die sosialemedia-platform se logo van ʼn voëltjie na ‘n “X” te verander. Die Suid-Afrikaans-gebore miljardêr sê die maatskappy sal die verandering wêreldwyd aanbring, waarskynlik reeds vandag. Musk praat reeds lank in hierdie rigting sedert hy Twitter verlede jaar vir 792 miljard Namibiese dollar gekoop het. Die nuwe beeld is deel van sy visie om ‘n super-toepassing, genaamd “X” te skep, wat soortgelyk is aan die Chinese WeChat. Musk het Twitter se handelsnaam na X Corp verander nadat hy die maatskappy in Oktober oorgeneem het.