Rusland wil steeds graan, kunsmis aan Afrika verskaf
Russiese President Vladimir Putin sê Rusland sal voortgaan met pogings om voorrade graan, kosprodukte, kunsmis en ander goedere aan Afrika te voorsien. Dit volg nadat Moskou hom verlede week aan die Swart See-graan-ooreenkoms onttrek het, waarvolgens die veilige uitvoer van graan uit Oekraïne verseker was. Putin sê die ooreenkoms het sy betekenis verloor en dien nie langer enige humanitêre doel nie. Die ooreenkoms het die uitvoer van meer as 32 miljoen ton Oekraïnse graan die afgelope jaar moontlik gemaak. Putin sê Rusland gaan voort om dinamiese ekonomiese bande met Afrika te ontwikkel.