Spanje moet koalisie-regering vorm

Geen enkele party het in die verkiesing in Spanje genoeg parlementêre setels gekry om ‘n regering te vorm nie. Die konserwatiewe opposisieparty, People’s Party, het 136 setels teenoor eerste minister Pedro Sanchez se regerende Spanish Socialist Workers-party se 122. ‘n Party of koalisie moet ‘n meerderheid van 176 setels uit die wetgewer se 350 setels kry om te regeer. Koalisie-samesprekings deur die twee partye om regerings te vorm, sal begin wanneer ‘n nuwe parlement op 17 Augustus byeenkom. Sewentig persent van kiesers het gaan stem wat meer is as in November 2019.