Russe tref Odesa se grootste Ortodokse katedraal
Die President van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, het beloof om terug te slaan ná Russiese aanvalle op ‘n katedraal en verskeie woongeboue in die suidelike stad Odesa. Een persoon is dood en minstens 19 beseer, insluitend vier kinders. Die Transfigurasie-katedraal is Odesa se grootste Ortodokse kerk en is in 1809 ingewy. Dit is in 1939 deur die Sowjet-unie vernietig, voordat dit in 2003 herbou is. Zelensky sê daar is geen verskoning vir wat hy Russiese boosheid noem nie, en het belowe Moskou sal hul weerwraak voel.