Pous Franciskus vra leiers om klimaatsverandering te takel
Pous Franciskus sê die onlangse hittegolwe in groot dele van die wêreld en oorstromings in lande soos Suid-Korea, toon dat meer dringende optrede nodig is om klimaatsverandering te takel. Die pous het ‘n hernude beroep op wêreldleiers gedoen om meer te doen om koolstofvrystellings te verminder. Buitengewoon hoë temperature is die afgelope tyd in die suide van Amerika, sowel as dele van China en die suide van Europa, insluitend Italië en Griekeland aangemeld. Sowat 19 000 mense is van die Griekse eiland Rhodos ontruim te midde van veld- en bosbrande wat op groot dele van die eiland woed.