Amoomo vaar uit teen ‘aggressiewe’ regsverteenwoordigers
Die omstrede prokureur Kadhila Amoomo het glo ‘n saak van aanranding teen ‘n vooraanstaande Windhoekse advokaat aanhangig gemaak na ‘n gespanne hofgeding. Die twee regsmanne het teen mekaar te staan gekom in ‘n hofsaak waarby ‘n plaaseienaar en ‘n plaaslike bank betrokke was. Amoomo verteenwoordig die boer, terwyl die advokaat die bank verteenwoordig het. Kort nadat die hof verdaag het, is Amoomo na bewering gekonfronteer deur die ontstoke advokaat wat hom glo gestamp en verskeie besware gemaak het. Amoomo het op Twitter geskryf as swart prokureurs nie kan opstaan vir hul eie regte nie, wie sal dit vir hulle doen? Hy twiet swart prokureurs moenie aggressiewe wit regsverteenwoordigers duld soos in die verlede nie.