Eskom ly reuse-verliese weens georganiseerde misdaad

Eskom sê hy ly miljarde Suid-Afrikaanse rand se verliese weens wanbesteding, vervalsing en ander. Dit volg nadat die elektrisiteits-voorsiener bekend gemaak het dat ‘n senior skof-toesighouer van die maatskappy, sowel as ‘n tenkwa-bestuurder by die Matla-kragstasie, in verband met beweerde bedrog en diefstal in hegtenis geneem is. Volgens Eskom het hy inligting ontvang dat sommige tenkwa-bestuurders brandstof by onbekende liggings aflaai, voor hulle met leë tenkwaens by die kragstasie aankom. Vervalste weegbrug-strokies is dan geskep, waarvolgens dit voorkom asof brandstof by die kragstasie afgelaai is. Eskom se tussentydse woordvoerder, Dahpne Mokoena, sê hulle ly miljarde rande se verliese weens georganiseerde misdaad.