Vermiste vrou en dogter van Walvisbaai gevind
Die 38-jarige Ilse-Mari Göttert en haar twee-jarige dogter Amor Bester, wat Dinsdag in Walvisbaai vermis geraak het, is vandag gevind is. Göttert en haar dogter het Dinsdag die huis verlaat om te gaan stap. Hulle het nie teruggekeer nie en sy kon nie op haar selfoon bereik word nie. Inspekteur Ileni Shapumba van die Namibiese polisie in die Erongostreek, wou nie verdere besonderhede bekend maak nie. Shapumba het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê aandag word nou geskenk aan die veiligheid van die ma en dogter nie.