Toename in geweld in georganiseerde misdaad in boubedryf
Die Construction Alliance South Africa sê georganiseerde misdaad, veral in die boubedryf, kom meer dikwels voor en raak meer gewelddadig. Altesaam 682 voorvalle wat met afpersing verband hou, word tans ondersoek en die ekonomie het sedert 2019 ongeveer 68-miljard-rand verloor weens ontwrigting op boupersele. Die alliansie se voorsitter, John Matthews, sê die groepe wat ontwrigting veroorsaak, wissel van ontevrede gemeenskapslede met regmatige bekommernisse tot die sogenaamde mafia-organisasies wat 30-persent van die wins eis. Hy sê die regering moet meer doen om die probleem te hanteer.